Kruisement, pienk en bruin { Inspirasie } - Trou Inspirasie
Kruisement, roospienk en donkerbruin… ‘n interessante kombinasie, nie waar nie? Die vars groen, sagte pienk en deftige bruin komplimenteer mekaar uitstekend en is baie maklik om te gebruik. Die donkerbruin breek die sagte vroulikheid van die ligte kleure effens, om ‘n atmosfeer te skep wat vir almal werk. Kleure: kruisement, pienk, bruin Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest Related
Ligbruin en Pers { Pragtig! } - Trou Inspirasie
Pers is hierdie jaar hoogmode! Lila-bloeisels, laventel, sag en vloeiende materiaal… daar is eindelose maniere om die regte atmosfeer te skep. Kombineer die vroulikheid van ligpers met rustieke ligbruin vir ‘n wen-kombinasie. Dit werk veral goed met ‘n vintage tema of ‘n skuurtroue. Kleure: ligbruin, pers Alle foto’s en hul bronne is op Pinterest beskikbaar. Related
'n Oulap se rooi { Met bietjie pienk } - Trou Inspirasie
Hulle sê ‘n oulap se rooi maak mooi… voeg ‘n bietjie pienk by en jy het ‘n wenkombinasie! Hou jou tema speels en pret met hierdie kleure – oulike vlaggies, linte, melkskommels en vrolike blomme sal uitstekend werk. Kleure: rooi, pienk Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest Related
Wynrooi en Olyfgroen { Rustieke Inspirasie } - Trou Inspirasie
Ons het ‘n spesiale versoek van een van ons bruide af gekry. Haar kleurskema is wynrooi en olyfgroen. Sy wil ook proteas en vetplante inbring. Nie die maklikste kombinasie om te doen nie… maar dit lyk pragtig! Of wat dink julle? Kleure: wynrooi, olyfgroen Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest Related
Pers, pienk en grys { Altyd 'n Treffer } - Trou Inspirasie
Watter klein dogtertjie droom nie van ‘n pienk en pers troue nie?! Hierdie kleurskema is vars en vrolik sonder om oorweldigend te wees, maar kan ook sag en vroulik vertoon. Kombineer dit met liggrys om die pienk en pers ‘n bietjie af te skaal. Maak seker jy gaan loer na ons blommelys om te sien watter pragtige blomme in pienk en pers beskikbaar is. Kleure: pienk, pers, grys Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest Related
Pruim en Grys { Skone Elegansie } - Trou Inspirasie
Die geheim agter hierdie kleurskema is eenvoud en elegansie. Die grys is skoon en neutraal, terwyl die pruim diepte en karakter gee. Lees meer
Geel, pienk en bruin { Soete Skoolliefde } - Trou Inspirasie
Hierdie kleurskema is nie net sag op die oog nie, maar kan ook ‘n verskriklike oulike ‘Skoolliefde’-tema skep. Outydse biblioteekkaartjies, ‘Scrabble’-stukkies, oulike linte, kant en pragblomme sal ‘n onvergeetlike atmosfeer skep! Kleure: geel, pienk, bruin Alle foto’s en hul bronne is beskikbaar op Pinterest Related