As ons nie vra nie, gaan ons nie kry nie. As ons nie waag nie, gaan ons vir 'n baie lang tyd vas gevang wees op dieselfde plek. Die Here beplan 'n toekoms van hoop en dit is Sy wil dat ons 'n lewe van oorwinning leef. Jy kan egter nie agteroor sit en wag dat dit alles in jou skoot gaan val nie. Jy moet ook jou deel doen. Bid vir wysheid en leiding en beweeg voorentoe in die Here se wil vir jou lewe.