Nuuskommentaar: Moet Versoeningsdag afgeskaf word? En wat van Geloftedag? | Maroela Media
Het Versoeningsdag nie ’n dag geword waarop politici gou ’n paar woorde oor versoening uiter, maar die res van die jaar deur hul optrede en woorde versoening in die wiele ry nie? Maak die hernieude eise – veral ekonomiese eise waar een groep net nog moet gee en opoffer, en ’n ander net ontvang – nie van Versoeningsdag ’n klug nie? Is Geloftedag nog suiwer gerig of ook deur politiek gekaap?