Bestanddele 500g hoenderlewertjies 90ml botter sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, gekneus 1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap 5 ml borrie 12,5ml kerriepoeier of garam masala 1 brandrissie, ontpit en fyngekap 410g ( 1blik) tamaties, gekap 200g bevrore of vars jong ertjies vars koljanderblare(dhania) gesnipper Metode Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan. Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by. Laat prut tot deur warm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.