Snoepgoed en partytjiekos
Collection by Netwerk24 Kos
Vingerhappies en smulgoed
RESEP: Mediterreense vingerhappies
Bederf jou kuiergaste met 'n Mediterreense-smulbord vol hoendersosaties, koeskoes, gebraaide groente en hoemoes. Garneer dit ook met granaat, dadels, Turkse appelkose, feta, kruisementblare en suurlemoenskyfies.
RESEP: Tradisionele guacamole
Tradisioneel is guacamole ’n mengsel van fyngemaakte avokadopeer, gekapte tamaties en uie. Die rooi rissie in die resep gee lekker skop.
RESEP: Mielie-en-bone-guacamole
Dit kan nie makliker nie. Jy meng al die bestanddele in een bak saam en voilà!
RESEP: Tuisgemaakte skyfies met doopsous
Tuisgemaakte skyfies is eintlik heel maklik om te maak!
Bitterballen: So ’n lekker bitter hap
Krokette en bitterballen is maar basies dieselfde kossoort, dis net hul vorm wat verskil. Dit kom daarop neer dat jy ’n baie dik witsous, of roux, maak van botter, meel en vleisaftreksel. Daarby kom tradisioneel ’n bietjie fynvleis of ham by.
RESEPTE: Murgpampoen-seisoen
Murgpampoentjies (ek hou ook baie van die Engelse name courgette of zucchini ) is een van daardie groentes wat verspot maklik is om self te kweek, selfs al is jou tuin so groot soos ’n posseël.
Maak in ’n japtrap jou eie samoesas
In Kaap, kerrie en koesisters, die gewilde VIA-kosprogram, nooi die tweelingsusters Fatima en Gadija Sydow kykers na hul familiekombuis in Mannenberg om te deel in die geheime van die Kaap-Maleise kookkuns.
Grappies op ’n stokkie
Gee halloumi ’n Indiese kinkel – marineer dit in kerrie, bedien met naan...
Resep: Spring-in-die-mond-saltimbocca
Lus vir 'n Italiaanse smulervaring? Die salie en die ham sorg vir die intenser geure van dié maklike dog elegante gereg.