"Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria." - En niks op hierdie aarde of uit die hel sal my anders kan oortuig nie.
Ek staan hier verdor voor U, My eie krag kan niks vernu. Nou vra ek U Redder en Heer, Hier is my lewe, neem beheer. Here gee my krag teen Satan, U weet hoe want U is raadman. Vul my met U liefde en Gees, Pantser my om sterk te wees.
Na 'n woestynseisoen sal die Here jou herstel, vernuwe en versterk. Dit is die genade van swaarkry...
As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. (Levitikus 26:4)
Here, vandag dra ons die land se boere aan U op. Die aarde is droog en die oes is min en al hul bekommernisse baie. Ons vra dat U die aarde sal seën met mildelike reën en opbrengs. Betoon asseblief U genade aan hierdie plaasgesinne, wat perfek afgemeet word vir elke dag se uitdagings. Ons vra dit in die naam van ons Koning Jesus Christus. Amen
Here, herstel asseblief die balans in my lewe. Bou op waar die vyand afgebreek het en herstel waar hy geplunder het. Gee terug wat by my gesteel is en en vernietig wat hy geplant het.
Jesus, breek my mure af en laat my veilig voel in die ooptes. Ek is bang vir kwesbaarheid want dit laat my naak voor mense voel. Mag ander sien hoe U my windpomp laat draai in tye van swaarkry en droogte sodat ek kan getuig van die U genade in my lewe. Dankie vir al my seën.
"Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe." (Matteus 10:16)

More ideas
DANKIE VIR DIE REEN, HERE (Gauteng)   Laat die reën uitsak, hemel, laat redding reën, wolke, breek oop, aarde, laat voorspoed ontkiem, laat trou uitspruit. Ek is die Here, Ek skep hierdie dinge. (Jesaja 45:8)
South africa: my country!! the best country!! God's wonderful creation
Um im Regen zu tanzen mußt Du ihm im Sturm vertrauen
afrikaanse gedigte - Google Search
Afrikaans
Afrikana - Dekor wat Afrikaans praat 3 (Medium)
Beeldskone kind van God                                                                                                                                                                                 More
moenie vertroue skaad nie
Pinterest
Search