Wanneer vrees jou oorval, kies om te glo dat Jesus vir jou die uitweg sal wees. Jou gedagtes bepaal of jy Sy vrede sal aanvaar as die antwoord op die vraagstuk - wat nou? Geloof kan nie altyd net 'n hartsaak wees nie, want ons kan nie bekostig om te glo net wanneer ons so voel nie. Maak dit 'n wilsbesluit.