Voetewas Washing feet
Affordable Art
Ek dra vrugte van die Gees.Fil. 1:6 en 2:13
Geestelike naaldekokers vlieg dartelend van een persoon na n ander om saggies aan te raak en die persoon te verlaat met seëninge, woord, geestelike salfies of pleisters.
Wonde word heel,scars word ons stories,ons word hoë terebinte ( oak trees),en kan dan vir ander die balsem van Gilead aan hul wonde smeer. Ons word die pleisters in die Liggaam v.Yahshuah. ek het my doel raakgesien.
Hoeveel mans, pappas en seuns word vasgevang in moddersonde,? Net GOD YAHWEH kan red en jou weer laat regop staan en jou eer gee. Het jy vergeet dat seuns aan God behoort?
Ek kies om te vlieg soos n arend. Die struikelblok sny ek af in die gees. Ek sien die Beloofde land op die horison.
Ek kan kies of ek in die put wil afklim...of...wil ek uit klim.?God hou alreeds sy hand na my uit om my uit te trek.
Op Job se ashoop van selfbejammering,verwerping....een troos...ek is nooit alleen nie. GOD YAHWEH is altyd by my..en dra my deur elke beproewing.
N hart vol klippe en bitterheid. Geen Lewende Water in my hart. Ek kan nie mense visse in my net vang ni. Heilige Gees sê ek moet die klippe uit my hart haal,en die dirings v. Bitterheid..Hy gee my n sagte hart van vlees.