Week 4 VREUGDE IN OM TE GEE - Woensdag Lees: 4:8-9 SOAP: 4:8 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
Week 4 VREUGDE IN OM TE GEE - Maandag Lees: 4:1-5 SOAP: 4:4-5 4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.
Naand vriendinnen. Hier is die verse vir more Week 3 VREUGDE IN OM TE GLO - Vrydag Lees: 3:20-21 SOAP: 3:20 20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Week 4 VREUGDE IN OM TE GEE - Vrydag Lees: 4:14-23 SOAP: 4:19 19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklyk voorsien volgens Sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
Soos jy hierdie week vir jou vriende bid, vra vergifnis vir jou eie gebrom en rusie en vergewe hulle vir hulle s'n. Nie een van ons is perfek nie en almal van ons het 'n behoefte aan genade. Ons kan dalk ons behoefte aan genade anders uitdruk, maar ons kan almal onder dieselfde sambreel van tekortkoming verenig. Ons almal het God nodig om in te gryp en ons skoon te maak waar ons swak is. “Tag” 'n vriend in die kommentaar waarmee jy vandag onder dieselfde sambreel wil staan. 💟
Week 3 VREUGDE IN OM TE GLO - Dinsdag Lees: 3:5-11 SOAP: 3:8-9 8 …ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo.
Week 3 VREUGDE IN OM TE GLO - Maandag Lees: 3:1-4 SOAP: 3:3 3 Ons het die ware besnydenis, óns wat God deur sy Gees dien, óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op die uiterlike dinge vertrou nie.
Ons sien hierdie waarheid in die lewe van Jesus. Hy het die man met die gebreklike hand beveel om sy hand uit te steek, en die einste bevel het hom die krag gegee om gehoorsaam te wees en genees te word (Matt 12:13). Hy het Petrus beveel om op die water na Hom toe te loop, en die bevel het Petrus toegelaat om dit te doen, solank hy geglo het. (Matt. 14: 22-23). Dit is geloof in God se beloftes wat God se krag vrystel. #LiefGodGrootliks
Week 2 - VREUGDE IN OM TE DIEN - Woensdag Lees: 2:12-13 SOAP: 2:13 13 …want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer.