Winterton Country Lodge is die perfekte weegbreek- of oornagplek op pad kus toe. Gaste word bederf knus, unieke, romantiese akkommodasie met 'n rustige atmosfeer tussen reusebome waarin 'n swetterjoel voëltjies tjilp. Dis naby berg-oorde met staproetes, perdry, gholf, kuns en handwerk, restaurante en koffiewinkels. Die bekende Drakensberg Seunskoor en Spionkop Wildreservaat is ook om die draai. Ervaar hierdie Wêrelderfenisgebied in die hartjie van die Drakensberge.