Die Beste Blyplekke
Collection by LekkeSlaap | Reis-inspirasie, Mooi foto's & Blogs • Last updated 2 weeks ago
Lekke blyplekke
Hierdie plek hoort op jou emmerskoplysie!
Desert Quiver Camp is net 5 km vanaf die ingangshek na Sossusvlei. Dié moderne selfsorgverblyf is ontwerp om perfek met die natuurlike omgewing in te skakel. Verblyf word in 24 selfsorg-eenhede aangebied wat elk uniek ontwerp is. Desert Quiver Camp is located 5 km from the entrance to Sossusvlei. This modern self-catering accommodation is designed to blend in perfectly with the natural environment. Accommodation is available in a selection of 24 uniquely designed, self-catering units.
Bly by 'die beste hotel in die wêreld'!
Bushmans Kloof Wilderness Reserve is geleë onder ou sandsteen-rotsformasies en 'n asemrowende landskap en is 'n luukse 5-ster toevlugsoord in die majestueuse Sederberge, 270 km vanaf Kaapstad. Dis 'n Relais & Chateaux-eiendom en is in 2009 deur Travel + Leisure World’s Best Awards aangewys as beste hotel in die wêreld.
Buitelug-etes met 'n seebriesie by dié strandhuis in Kommetjie
Oystercatcher Beach House is stapafstand van Long Beach in Kommetjie af geleë en dit bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige, ligte en lugtige strandhuis met aandag aan detail. Die lieflike dubbelverdiepinghuis het 'n groot onthaaldek bo, sowel as 'n swembaddek onder, sodat gaste die meeste genot moontlik uit die lang en warm somerdae en -nagte kan put.
Hemelse buiteligetes by Hunter's Country House
The Country House se welige tuine, met sy geure en kleure, skep 'n idilliese omgewing vir hierdie weelderige toevlug in die hartjie van die Tuinroete. Dis ver genoeg van die rumoer, tog naby aan talle doendinge. Weggesteek in die mooie tuin, is ons 23 luukse suites, elk individueel ontwerp en versier. Die grasdak-kothuis-suites is baie verwelkomend en is versier in skakerings van liggroen en blink-pers, amper soos die kleure van 'n oester, en dis afgerond met blink kristaltooisels en…
Vars lug, hope daarvan, by Big Sky Cottages
Big Sky Cottages is op 'n 67 ha-plaas in die Breedekloof geleë - 'n streek wat welbekend is vir sy pragtige wynplase en bergreekse. Die kothuise is hoog teen die hange van die Mostertshoekberge en kyk oor die Witzenbergvallei uit. Dis die ideale vakansieplek vir diegene wat op soek is na stilte en ontspanning weg van die stad se rumoer.
AfriCamps Klein Karoo
Heerlike en luukse tente-verblyf. #kamp #oudtshoorn #karoo #cango #farmlife #familystays
Ouwêreldse grasdak-bekoring by Airlies Historical Guest House
Airlies Historical Guest House in Montagu weerspieël 'n Skotse erfenis en is in die vroeë 1900's gebou. Dit is liefderik onderhou en spog met loodglasvensters, hoë reliëfplafonne en houtvloere. Die gastehuis is naby Montagu se middedorp en stapafstand van alle restaurante en ander plekke van belang wat gaste toelaat om vrylik te verken en selfs 'n glasie wyn te geniet as hulle uiteet, sonder dat dit nodig is om na die tyd agter die stuur in te skuif.
'n Wegbreek as geskenk by Somerset Gift Getaway Farm
Somerset Gift Getaway Farm is 16 km vanaf die historiese Swellendam in 'n pragtige vallei geleë. Dié vallei grens aan die majestueuse Langeberge se voorheuwels. Verblyf word gebied in 6 selfsorgkothuise en 'n herehuis aan die rivieroewer wat almal volledig toegerus is.
Bly in 'n kasteel
Lindsay Castle is 'n groot klipgebou op 'n rots op die strand by Noetzie. Dit is gebou om soos 'n Middeleeuse kasteel te lyk en is vol gerieflik gemeubileerde kamers met lieflike uitsigte oor die rotse en die see.
Die beste blyplek in Knysna
Cliff House is 'n stylvolle villa op die randjie van die oostelike kant van die bekende Knysna-koppe. Die villa het 4 slaapkamers, elk met 'n ononderbroke uitsig oor die see.