Moedersdag
Collection by Leefstyl24
Mooigoed, smulgoed, kykgoed en leesgoed vir dié baie spesiale vroue - ma's.
"My ma, sy is pragtig, sag afgerond en getemper met 'n ruggraat van staal. Ek wil oud word en soos sy wees." - Jodi Picoult #Moedersdag #MothersDay #Leefstyl24
Spring in en bederf jou ma in ’n kits
Ek dink Ma sal beïndruk wees as jy enige van vandag se drie resepte vir haar vir Moedersdag berei. Pa moet net ’n oog hou en die take uitdeel volgens die kleinspan se bevoegdhede. In ’n japtrap sal daar ’n smullekker fees vir Ma se spesiale dag wees. Ek het jare gelede ’n ooreenkoms met Candice, ’n vriendin van my wat in Londen woon, aangegaan. Ek het haar my resep vir Marokkaanse hoender-en-groente-sop gegee (een van my gunstelinge) in ruil vir haar maklike resep vir hoenderpastei. ’n Mens…
Bederf haar met ’n lekker drink-dingetjie
Vir Ma se ontbyt in die bed is hier ’n paar drankie-idees wat haar Moedersdag sommer op die regte noot sal laat begin. My ma hou van: Chai-tee Dit is maklik om dié geurige speserydrankie tuis te maak. Die resep maak genoeg vir vier koppies. Jy het nodig: 2 k water 4 swarttee-sakkies ¼ k heuning ½ t vanieljegeursel 1 kaneelstokkie 5 heel naeltjies ¼ t fyn kardemom ¼ t fyn gemmer ’n knypie neutmuskaat 2 k melk Só maak mens: 1. Plaas die water in ’n kastrol en laat kook. Voeg die teesakkies…
Instagram-inspirasie van mede-ma’s
Dit is geen geheim dat elke ma daardie spesiale grootword-oomblikke van haar kind koester nie. Maar om dit in ’n enkele foto te verewig, is ’n kuns op sy eie. Ter viering van Moedersdag deel ons graag vyf inspirerende Instagram-profiele wat dié kuns bykans vervolmaak het. Met slegs ’n slimfoon byderhand en die kleinspan as inspirasie het dié vroue die fraaiste aanlyn fotoalbums geskep. 1. @mommasgonecity Die blogger Jessica Shyba neem elke dag die oulikste foto’s van haar tweejarige Beau en…
Moedersdag: Bederf met ’n oulike geskenk
Wees vanjaar in die kol met ’n unieke Moedersdag-geskenk vir dié spesiale vrou in jou lewe. Celinda Groenewald het ’n paar heerlike idees vir verskillende ma’s gaan soek.
Soveel ma’s, soveel dinge ...
Van ’n buitensporige ideaal tot ’n meer realistiese ma. Pieter van der Lugt het met die oog op Moedersdag TV se geliefkoosde ma’s uitgesonder.
Mamma-blogs wat inspireer
Daar is nou maar net iets aan ’n mooi blog met foto’s van pikkies, bruikbare wenke en inspirerende dekor wat ’n besoek daaraan keer op keer die moeite werd maak.
Ontbytpoedings vir Moedersdag
Hoewel uiteet nie te versmaai is nie, is dit die gedagte aan ’n lang tafel met eie kinders, hul eie ma, skoonma, susters en skoonsusters wat moederharte bly maak. Die wenslysie is maar kort: iemand om die tafel mooi te dek, en agterna af te dra en skottelgoed te was.