Magoebaskloof Hotel |
Die Magoebaskloof Hotel is in die dramatiese en beeldskone Magoebaskloof-area geleë. Dié bekoorlike hotel bied gaste die geleentheid om 'n idilliese en ontspanne wegbreek in die platteland te geniet. Ons gaste word verwelkom deur ons aantreklike ingangshof met 'n manjifieke muurskildery en 'n bronsbeeld van Koning Makgoba. 'n Uitgestrekte uitsig van die legendariese leier se bekende vallei lê net anderkant die binnehof. Ons bied verblyf in 19 standaardkamers met enkel- of dubbelbeddens, 24…
The Outpost Dullstroom |
The Outpost is 'n hartlike en verwelkomende selfsorg-gasteplaas in die rustige omgewing van die luisterryke Dullstroom. Twee groot damme met jetties bied die perfekte agtergrond vir 'n vroegoggend stappie of skemer wandeling, omring deur die volop voëllewe. Wildkyk kan ook hier geniet word aangesien hier baie blesbokke, elande, springbokke en volstruise is. Die ingeslote wilds-area is beskikbaar vir alle gaste. Ongelukkig bied ons geen visvang-geriewe nie, maar ons buurplaas bied spesiale…
Tzaneen Country Lodge | LekkeSlaap
Tzaneen Country Lodge is 'n eksklusiewe, privaat lodge wat skuil op 'n 170 hektaar-plaas en inheemse woud in die hartjie van die noordoostelike Limpopo Laeveld. Dié instansie is bekend vir uitsonderlike diens, vriendelike mense en smullekker disse. Dit is die perfekte wegbreekplek vir paartjies, gesinne en sakereisigers. Verblyf word gebied in 61 kamers en gaste kan kies tussen standaard kamers, luukse kamers, kamers met 2 enkelbeddens, gesinskamers, "Presidential"-kamers, wittebroodkamers…
Magoebaskloof Birders' Cottages | LekkeSlaap
Magoebaskloof Birders' Cottages is geleë op Dragonwyck-plaas, 'n werkende plaas wat avokado's en inheemse plante verbou. Die kothuise is op die rantjie van die Drakensberg-platorand in Limpopo. Daar is 'n 2 km grondpad wat lei na die kothuise en dit is ongelukkig nie geskik vir motors met lae grondvryhoogte nie. Die kothuise is in Magoebaskloof naby Haenertsburg geleë. Verblyf word aangebied in 2 kothuise. Robin Kothuis is ideaal vir 'n gesin en kan tot 6 gaste akkomodeer en bestaan uit 2…
Stanford Lake Lodge | LekkeSlaap
In die land van berge, mere, watervalle en woude, is die elegante Stanford Lake Lodge, 'n huldeblyk aan diegene wat op soek is na die natuur op sy beste. Ons bied selfsorg-houthuise met enkel- en dubbelverdiepings wat spog met uitsigte oor die 17 hektaar Stanfordmeer met watervalle wat die asemrowende Ebenezerdam voed. Daar is ook semi-losstaande selfsorgkothuise net 'n klipgooi weg van die inheemse woud. Stanford Lake Lodge is minder as 3 ure se ry vanaf Pretoria. Ons kyk uit oor…
Longview Ranch | LekkeSlaap
Longview Ranch vorm deel van 'n 2000 hektaar-beesplaas in die Mpumalanga-hooglande. Dullstroom is net 30 minute se ry ver. Doendinge sluit visvang (forel en baars) in die plaasdamme, bergfietsry, voetslaan en die verken van die plaas met 'n 4x4-voertuig in. Gaste sal gereeld kleinwild soos rietbokke, oribies, ystervarke en apies hier gewaar. Verblyf word in 2 klipkothuise aangebied. Kloof Kothuis is in 'n kloof reg langs 'n klein dammetjie wat 'n natuurlike oorloop het geleë. Gaste kry die…
Mariepskop View |
Mariepskop View is aan die voorheuwels van die Noordelike Drakensberg geleë en het asemrowende uitsigte op Mariepskop. Ons bied unieke, onvergeetlike verblyf aan rugsakreisigers, gesinne, vakansiegangers en sakereisigers. Mariepskop is ook naby die mond van die Blyderiviercanyon wat deur die Drakensberge loop en die grootste groen canyon in die wêreld is. Mariepskop View word deur 'n gesin besit en bestuur en het 'n pragtige tuin wat saans deur kleinwild besoek word en spog met volop…
Sequoia Gardens |
Sequoia Gardens bied 3 romantiese, privaat kothuise in 6 hektaar wilde tuine op 'n beeldskone bosbouplaas waar jy die prag en vrede van die plaas kan ervaar. Dit is in die pragtige Magoebaskloof in Limpopo geleë, omtrent 4 ure se ry van Johannesburg af. Die ideale wegbreek vir 'n romantiese naweek of kort kuiertjie.Misterieuse silwer mis, berge, woude, mere, pragtige fauna en flora en heelwat avontuurlustige doendinge kraai koning in dié geweste. Natuurliefhebbers sal in hulle element wees…
Mowana Game Farm |
Mowana Game Farm is 'n veilige, omheinde wildplaas, sowat 10 km buite Tzaneen op die Phalaborwapad. Dié privaat wildplaas is ideaal vir natuur- en wildliefhebbers en voëlkykers. Dis die ideale vakansie-akkommodasie vir paartjies, gesinne, toeriste en sakereisigers tussen die inheemse bome met 'n oorvloed voël- en wildlewe. Aangesien ons nie jag op die perseel toelaat nie is al ons diere rustig en mak. Ons bied verblyf in 3 chalets en 'n houthuis. Die oopplan-chalets is elkeen volledig…
The Royal Hotel |
The Royal Hotel is waarskynlik een van Suid-Afrika se bekendste hotelle. Hierdie Nasionale Monument is bekend vir sy klassieke atmosfeer en wêreldklas diens en -geriewe. The Royal Hotel is onlangs opgeknap om werklik die hotel se laat Victoriaanse styl ten toon te stel. Die hotel bestaan uit 10 outentieke geboue wat uit die tweede helfte van die 19de eeu dateer. Die hotel bied 50 bekoorlike en suite-slaapkamers. Die sitkamer is soos 'n tydkapsule wat 'n era van hoflike gasvryheid en…
Rose Cottage | LekkeSlaap
Rose Cottage is 'n selfsorg-woonstel/kothuis in die pragtige tuin van die eienaars se huis op die randjie die van die stil, oulike, veilige, plattelandse dorpie van Haenertsburg, naby Magoebaskloof. Dit is binne stapafstand van die kroeg, koffiewinkel en verskeie restaurante en winkels. Besoekers kan hulself besig hou of net lekker ontspan by die rustige bestemming. Die kothuis kan slegs met trappe bereik word wat beteken dat dit nie vir bejaardes of gestremde besoekers gepas is nie. Die…
Wisteria Cottage | LekkeSlaap
Wisteria Cottage is in die bekoorlike dorpie Haenertsburg geleë wat grens aan die Louis Changuion-staproete en beskermde grasveld. Die omliggende area is bekend vir sy bergagtige skoonheid en volop voëllewe. Haenertsburg is op die R71 geleë, sowat 'n uur se ry van die Krugerwildtuin af. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n gesin wat wil wegbreek vir 'n paar stil dae. Hierdie selfsorgkothuis het plek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en een gedeelde badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n…
Modjadji Cultural Camp |
Modjadji Cultural Camp is in Tzaneen geleë en bied avonturiers 'n fassinerende mengsel van kultuur en natuurskoon. Die kamp is in 'n woud met broodbome en die eienaars is lede van die Lobedu-gemeenskap wat die Modjadji-koningsgesin se onderdane is – Suidelike Afrika se enigste matriargaal regerende stamhuis. Dié kamp beskik oor 5 losstaande grasdakrondawels. Elke rondawel het 2 driekwartbeddens, stoele en 'n bedkassie. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe. Daar is geen…
Amanzimloti Boskamp |
Amanzimloti is 'n baie basiese boskamp op 'n stuk bosveld van 30 hektaar, 40 km van die Krugerwildtuin se Orpenhek af en 35 km vanaf Hoedspruit. Dit bied basiese akkommodasie wat bostente en rondawels insluit en ideaal is vir ware natuurliefhebbers. Jou gashere, André en Amanda, woon op die perseel en is bedrywig met die daaglikse verrigtinge op die plaas. Hier is geen munisipale dienste beskikbaar nie. Die water wat beskikbaar is, kom van die plaaslike rivier af en elektrisiteit word…
The Herb Cottage | LekkeSlaap
Weggesteek in die pragtige, groen Magoebaskloof-vallei staan The Herb Cottage, gereed om jou te verwelkom. Die pad na ons toe is ongelukkig nie toeganklik vir lae voertuie met 'n lae grondvryhoogte nie. Dis 'n plek wat jou siel sal voed - geleë in die inheemse woude, waar die klank van die kristalhelder rivier jou beste vriend sal word. Ontspan in die plonspoel op die stoep en jy mag dalk gelukkig genoeg wees om die bedreigde Samango-ape in die bome daar naby te sien speel. Miskien sien jy…
Hillbilly Haven |
Hillbilly Haven was oorspronklik 'n rustieke plaashuis wat omskep is in 3 gerieflike en knus selfsorg-eenhede vir gesinne. Elke eenheid is eenvoudig, dog smaakvol, ingerig vir gerieflike verblyf. Elke eenheid is vernoem na een van die boomsoorte in die nabygeleë plantasies. Die Saligna-eenheid beskik oor 3 slaapkamers en dit het slaapplek vir 6 mense. Daar is 'n groot toegeruste kombuis en 'n sitkamer met 'n kaggel om jou warm te hou in die winter. Die sitkamer is ingerig met 'n TV met…