Tiener Seuns Jeug Jongelinge Jongmans

Collection by Koningsdogters Vir Jesus Bediening

22 
Pins
 • 
167 
Followers
Koningsdogters Vir Jesus Bediening
Christelike Boodskappies: Jy is kosbaar vir God

Jy is kosbaar vir God

Jy is kosbaar vir God! Miskien voel jy asof jy alleen is in die wêreld, … asof niemand vir jou omgee nie, … asof niemand jou verstaan nie … Miskien voel jy eensaam of bedruk, … asof die lewe en sy probleme eenvoudig net te veel geraak het en jy nie meer kans sien om so aan te gaan nie! Weet dit, my vriend: God sien jou raak … God gee om vir jou … Hy wil hê dat dit met jou goed sal gaan. Jy is kosbaar vir God! Jesus nooi jou uit: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal…

Jesus se Dogterkind: Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die ee...

Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe! ღ†ღ

Die eksamen is verby – aan Pappa God kom al die eer toe! ღ†ღ Lees Psalm 66 Kom luister, alle dienaars van God, ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het ... God hét my gebed verhoor! Die lof kom God toe. - PS 66:16, 19-20 In Psalm 66 bring die psalmdigter aan God die eer vir wat Hy vir hom gedoen het en vertel vir die mense hoe God sy gebede verhoor het. Vandag kan jy dieselfde doen omdat al jou naelskouery toe pure verniet was. Dit het gladnie so sleg gegaam met die eksamen nie, ook nie met…

Jesus se Dogterkind: Jy en jou rapport ....... ♡

Jy en jou rapport ....... ♡

Jy en jou rapport ....... ♡ Lees: Matteus 25:14-30 Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir ‘n ander twee, en vir ‘n derde een. - Matt 25:15 Wanneer jy jou rapport uit daardie bruin koevert trek, klop jou hart mos met hamerslae. Jy wonder of jou ouers tevrede gaan wees. Jy hoop dat jy beter gepresteer het as verlede kwartaal. Dalk is jy bang dat jy hierdie jaar nie die paal gehaal het nie. As jy egter deur die jaar jou plig gedoen het, is dit nie nodig om hartkloppings te kry nie. Dit…

Jesus se Seunskind: GOD se woorde is soos EGTE SILWER

GOD se woorde is soos EGTE SILWER

GOD se woorde is soos EGTE SILWER Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer ... (Psalm 12:7) Ons moet probeer om te doen, wat ons belowe het ons sal doen. Somtyds val daar dinge voor sodat dit vir ons moeilik is om beloftes uit te voer. Maar ons moet regtig probeer om nie vals woorde te praat nie. Daar is IEMAND se woorde wat nóóit vals is nie: die Here s’n. Wat Hy sê, is waar. Hy kan nie jok nie. Hy kan nét die waarheid praat. Hy kan nie vir ons met sy woorde om die…

Christelike Boodskappies: Om reg te kies

Om reg te kies

Om reg te kies Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. - Spreuke 9:10 Vandag se teksvers (Spreuke 9:10) sê ‘n mens ken goed en kwaad deur God te ken. As jy vir God ken, ken jy die Een wat altyd reg is. As ‘n opinie of ‘n optrede ooreenstem met God se Woord, is dit reg; anders is dit verkeerd. Maar as jy die Here nié ken nie, is dit onmoontlik om te weet waarvan Hy hou en nie hou nie. As jy Hom net ken deur wat ander sê en skryf, bly jou kennis van reg…

Jesus se Seunskind: HERE ek gee my oor aan die Gees se beheer

HERE ek gee my oor aan die Gees se beheer

Wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer ... en daarom kan julle nie doen wat hulle graag wil nie. - Galasiërs 5:17 Here, Ek gee my oor aan die Gees se beheer. Help my om U te vertrou wanneer ek moet kies tussen reg en verkeerd . Dankie vir die wysheid en krag om reg op te tree.

Christelike Boodskappies: “Jy is te jonk om deur God gebruik te word”  vs  G...

“Jy is te jonk om deur God gebruik te word” vs God *GEBRUIK* jongmense!

“Jy is te jonk om deur God gebruik te word” vs God *GEBRUIK* jongmense! Ons het so gewoond geraak dat dit gewoonlik die dominees, of pastore en baie ander ouer mense is wat al die werk vir die Here doen. Jongmense (dalk dink jy ook so?) moet eers bietjie ouer word voordat die Here hulle kan gebruik ... In ‘n onlangse nuusblad van die Kinderevangeliste-Opleidingsinstituut word die WARE verhaal vertel van ‘n seuntjie in Graad 2 wat aan nege straatkinders die boodskap van hoop en verlossing…

Jesus se Seunskind: Voorbladnuus

Voorbladnuus

Voorbladnuus Verbeel jou jy tel môreoggend die koerant op en sien die volgende opskrifte: · Misdaadsyfer val skerp · Dwelmslaaf vind R5 000 in drom – oorhandig dit aan polisie · Grootste bank in wêreld sluit nooit kluis! · Diefstal verdwyn oor lae pryse · Diefwering- en alarmstelsel-vervaardigers speel bankrot · Metaalverklikkers op lughawens onnodig, sê sekuriteitshoof. Dit sou wonderlik gewees het, nê? Die lewe sou baie anders gewees het as almal skielik eerlik was. Jy sou nie deur…

Jesus se Seunskind: HY verhef die minderwaardige uit die stof

HY verhef die minderwaardige uit die stof

Hy verhef die minderwaardige uit die stof , die behoeftige uit die ashoop! Hy behandel hulle soos prinse en laat hulle op ereplekke sit ... 1 Samuel 2:8 (Nuwe Lewende Vertaling)

Christelike Boodskappies: Jy's nooit alleen nie!

Jy's nooit alleen nie!

Jy’s nooit alleen nie! Lees Psalm 18:29-32, 47-49 Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het (Psalm 18:47) “Ek wil nie meer lewe nie.” Neil kan sien dis *regtig* só. Bernard lyk gedaan. “Ek voel so moedeloos,” sê hy. “Ek beny julle ouens wat die nuwe jaar so vrolik tegemoet gaan. Gisternag toe almal klappers skiet en toeters blaas oor die nuwe jaar, het ek net vir myself gesê: ‘So what?’ Wat is die kans tog dat die nuwe jaar vir my iets goeds sal inhou? “Kyk…

Jesus se Seunskind: Ek móét dit hê!

Ek móét dit hê!

Ek móét dit hê! Pepsi het in Amerika dié gepaste leuse” “Gotta have it!” Dit geld vir baie ander dinge. Het jy al oor ‘n ou se pet of tekkies of blink fiets gevoel: “Ek *móét* dit net hê!”? Dis waarvan die Here praat wanneer Hy sê ons mag nie begeer nie. Maar die tiende gebod verklap ook iets belangriks oor die Here: Hy heg baie waarde aan tevredenheid. Hy self begeer nie. Hy het alles wat Hy soek, want Hy *ís* ALLES wat Hy soek. Hy wil hê ons moet tevrede wees met wat Hy vir ons gee…

Jesus se Seunskind: Selfbeheersing is moeilik!

Selfbeheersing is moeilik!

Selfbeheersing is moeilik! Ons almal doen dit, soms sonder dat ons dit besef. Ons *flirt* met die teenoorgesteld geslag. Maar ons is nie meer van die wêreld nie, dus moet ons selfbeheersing toepas in dit wat ons sê ook. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe. Titus 2:12 Vicki Fourie : God lief my Jesus se Seunskind / Facebook

Jesus se Seunskind: 'n Ware Free Lunch

'n Ware Free Lunch

'n Ware Free Lunch Hallo Vriend/Vriendin Daar is ’n Engelse spreekwoord wat sê: There is no such thing as a free lunch. Die spreekwoord het blykbaar in Amerika in die 1940’s begin toe kroeë vir hulle kliënte ingelok het deur vir hulle gratis middagete aan te bied, natuurlik in ruil dat hulle hulle sakke sou skud en bier sou koop. Via jou aankope van bier, betaal jy tog maar op die ou einde vir ’n “gratis” middagete. Selfs al koop iemand vir jou middagete, is daar gewoonlik iets wat die ander…

Jesus se Seunskind: Die lewe in!

Die lewe in!

Die lewe in! “YES!!! Ek is klaar met die dinge van ‘n kind. Ek gaan die lewe in!” Die oomblik waarop jy so lank gewag en waaroor jy gedroom het, breek uiteindelik aan. Die pad van die lewe lê oop voor jou. Nou kan jy self besluit wat jy wil doen, en dit gaan doen. Die toekoms is joune! Tog knaag daar soms diep binne-in jou ‘n stukkie onsekerheid. Gaan ek slaag? Gaan ek die regte werk kry? Gaan ek lus bly vir al die uitdagings? Gaan die lewe my regverdig behandel? Sal ek myself kan handhaaf…