Gebede

Collection by Koningsdogters Vir Jesus Bediening

14 
Pins
 • 
166 
Followers
Koningsdogters Vir Jesus Bediening
Here Jesus, ek wil wees soos U Prayer Verses, Bible Prayers, Prayer Quotes, Wisdom Quotes, Life Quotes, Scripture Verses, Daily Morning Prayer, Good Night Prayer, Good Morning Quotes

Van nou af ...

Van nou af ... Here Jesus, Vergewe my dat ek so ingestel op myself leef, dat ek egoïsties en selfsugtig is en gedurig daarop hamer dat alles regverdig behoort te wees; dat ek glad nie daarvan hou om ander te dien nie. Gee vir my dieselfde gesindheid wat daar in *U* was. Van nou af wil ek *U* gehoorsaam, nederig wees soos *U*, gewillig wees om ander te dien en bereid wees om tweede te kom omdat ek ander mense belangriker as myself ag. Ek wil deur ‘n nuwe, positiewe bril na die wêreld kyk en…

Still Still Still Austrian Carol - Ukulele Chord Melody arrangement by Ukulele Mike Lynch. Included in the new 33 Song Christmas Chord Melody eBook

Geseënde Kersfees

Op 'n Kersoggend is L*I*E*F*D*E 'n Kindjie gebore, wat neergelê is in 'n krippie in 'n ou verweerde veestal. Hy het vol liefde en deernis na ons gekyk, en saggies gefluister: "Julle is my broers en susters!" Laat ons dus om Sy ontwil mekaar liefhê en nooit ophou om vir Hom lief te hê, te loof en te dien *EN* met hom te praat in gebed nie!! Geseënde, Vredevolle & Vreugdevolle KERSFEES!

Christelike Boodskappies: Jy is kosbaar vir God Afrikaans, Christian Inspiration, Qoutes, God, Friends, Dios, Amigos, Boyfriends, Quotations

Jy is kosbaar vir God

Jy is kosbaar vir God! Miskien voel jy asof jy alleen is in die wêreld, … asof niemand vir jou omgee nie, … asof niemand jou verstaan nie … Miskien voel jy eensaam of bedruk, … asof die lewe en sy probleme eenvoudig net te veel geraak het en jy nie meer kans sien om so aan te gaan nie! Weet dit, my vriend: God sien jou raak … God gee om vir jou … Hy wil hê dat dit met jou goed sal gaan. Jy is kosbaar vir God! Jesus nooi jou uit: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal…

Best rose wallpaper, desktop background for any computer, laptop, tablet and phone

Bekommernis

BEKOMMERNIS Maar die Here antwoord haar: "Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dankie, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie" - Luk. 10:41-42. Hemelse Vader Ek bely dat ek 'n ongeneeslike kommerkous is. Vergewe my dat daar nog so baie dinge is waaroor ek besorg en bekommerd is. Help my om soos Maria die beste deel uit te kies, wat nooit van my af weggeneem kan word nie, en my verhouding met U te versterk. Leer my…

View Let Go Let God - Inspirations. Share, pin and like encouragement for Christian women. Let Go And Let God, Let It Be, Marriage Help, Give Me Strength, Christian Videos, Thank You Lord, Daughters Of The King, Prayer Board, Do Not Fear

LAAT LOS LAAT GOD

LAAT LOS LAAT GOD En kyk, Ek is met julle al die dae. (JESUS) - Matt. 28:20 (OV) Wat beteken dit om te laat los laat God, en waarom is dit so uiters belangrik? Kom ons kyk! Om te laat los beteken om onwrikbaar te glo in die werke van God. Om te weet waar Hy oorneem is reg en geregtigheid aan die orde van die dag. Om te glo alles is wel al lyk alles ook hóé verskriklik verkeerd! Om te weet daar is *niks* om meer oor bekommerd te wees nie – want die beste Stuurman het oorgeneem! Om die…

Buy & sell new, sample and used wedding dresses + bridal party gowns. Your dream wedding dress is here - at a truly amazing price! Lace Bridal, Bridal Style, Bridal Gowns, Wedding Gowns, Wedding Shot, Yes To The Dress, Dress Up, Prom Dress, Wedding Designs

Gebed - Nina Smit - Toekomsblik

Hemelse Vader, U weet dat ek baie wonder, en soms bang is oor wat die toekoms vir my mag inhou. Soms wens ek dat ek net so ‘n vinnige kykie in die toekoms kan kry. Soms kan ek nie help om my te bekommer oor wat vir my mag voorlê nie. Vergewe my asseblief vir hierdie mosie van wantroue in U, want ek weet mos reeds dat my toekoms séker is by U. Al weet ek dalk nie vandag presies wat met my sal gebeur nie weet ek wel dat U vir my in die toekoms sal onderneem: dat U vir my ‘n nuwe toekoms…

Wedding Website Tips: Wedding websites— sometimes called “wed-sites” are one of the most popular new trends for engaged couples.

Nuwejaars Gebed

Nuwejaars Gebed Hemelse Vader, Aan die begin van hierdie nuwe jaar wil ek U loof vir u goedheid. Dankie dat ek in U kan glo, dat U my liefhet en elke dag vir my sorg. Ek wil dankie sê dat ek ‘n vrou, ‘n ma en ‘n ouma is – en vir elke kosbare vriend- en vriendin wat U in my lewe geplaas het. Dankie dat daar 365 splinternuwe dae op my wag waarin ek die lewe kan geniet saam met die mense wat ek só liefhet! Bewaar my van selfsugtigheid sodat ek nie net met my eie dinge besig sal wees nie, maar…

Christelike Boodskappies: Gebed - Nina Smit - Hoe ouer ek word Afrikaans, Words, Rose, Flowers, Plants, Burgers, Music, People, Good Morning Messages

Gebed - Nina Smit - Hoe ouer ek word

Here Jesus, Hoe ouer ek word, hoe vinniger vlieg die tyd verby. Hoe duideliker besef ek hóé verganklik ek is en hoe meer hinder dit my dat ek dalk nie altyd Ú doel vir my lewe nagestreef óf die dinge gedoen het waarvoor U my spesiaal gemaak het nie. Ek weet dat U ‘n besóndere taak aan my opgedra het en dat die tyd wat ek nog oorhet kosbaar is en optimaal benut behoort te word. Ek wil dit van nou af graag aan die goeie dade wy waarvoor U my bestem het. Baie dankie vir gawes en talente wat ek…

All healing comes from God whether it comes supernaturally or through a physician. He is still the source of our healing. It's not by chance, but because we are children of the living God, we have the right to have good heath. Jesus healed everyone. Healing Scriptures, Prayers For Healing, Bible Verses, Reiki, Psalm 66, Jesus Heals, Praying Hands, Daily Inspiration Quotes, Praise And Worship

Oujaarsdag Gebed

Oujaarsdag Gebed Hemelse Vader Die jaar se asem is bykans op. 2015 is amper verby. Teen die spoed van een dag op ’n slag het 2015 voor ons oë verbygesnel. Ons dank U, Here, dat U op wie weet hoeveel maniere gedurende die afgelope jaar in ons midde aanwesig was: · Toe dit donker was, het U u hemelse lig laat skyn. · Toe slegte nuus in die omgewing was, het Jesus se Goeie Nuus opgedaag. · Toe geweld en chaos gedreig het om oor te neem, het u vrede getriomfeer. · Toe moed en hoop weggesyfer het…

Today’s post is a guest post by Michael McCluskey. Michael always makes me think deeper about my own faith and is one of my favorite conversation partners. He is a junior at Texas Christian …

Vreugdevolle Kersfees

Vréúgdevolle Kérsfees! Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê. - Luk. 2:11-12 VANDAG weerklink die groet, “Geseënde Kersfees!”, wêreldwyd deur ons land en ál die Christenlande in die wêreld. Dis ‘n groet wat met liefde, deernis en alles wat mooi en goed is, van Christen tot Christen oorgedra word, dwarsdeur die wêreld. Dit is ‘n groet waardeur…

Christelike Boodskappies: Gebed

Gebed

Here, Ek loof U vir die belofte dat U vir my alles sal gee wat ek nodig het om naby U te leef. Ek wil U graag élke dag ‘n bietjie beter leer ken, my verhouding met U verinnig en die riglyne in u Woord na die letter gehoorsaam sodat ek uiteindelik deel sal kan kry aan ú Goddelike natuur en méér en méér soos Jesus sal word. Dit is my wens dat ek sal groei in die geloof en dat ú Naam deur my héle manier van lewe geëer en gróótgemaak sal word. Ek aanvaar dat *álles* wat ek nodig het van Ú sal…

Family Time Prayer Families that pray together, stay together. Prayer actually helps bond the family. It is hard for family members to stay upset with each other while going before God and praying for God to help each other.

Seëninge

Seëninge Die Here seën sy volk met oorvloed. - Ps. 29:11 Kom ons sing saam – Laat Heer, U seën op ons daal, U guns uit Sion ons bestraal. U wat beveel en dit geskied, Wil, Heer, U seën oor ons gebied. So stap ons al singende deur die poort wat ons die eerste paar dae van die nuwe jaar binnelei en met moed en durf begin ons hierdie nuwe jaar, want ons wéét – ons Heer gaan hierdie poort sáám met ons binne – Hy *stap* saam met ons, Hy *sing* saam met ons, en Hy *dra* ons soms wanneer ons net…

ropes of pearls like a scarf look amazing with texture of the sweater - very cool Daalarna Couture 2015 Wedding Dresses — Pearl Bridal Collection 2015 Wedding Dresses, Wedding Gowns, Wedding Dressses, Party Dresses, Couture 2015, Mod Wedding, Looks Style, Up Girl, Bridal Collection

Gebed oor my ontrouheid

Hemelse Vader, Ek bely my ontrouheid voor U. Vergewe my dat ek so maklik vergeet van die dinge wat ek ander mense en ook vir U belowe, dat ek my beloftes verbreek sonder dat dit my pla. Maak my asseblief getrou aan my woord. Baie dankie dat ek al soveel keer kon ondervind dat U absoluut betroubaar is, dat U nie een van u beloftes onvervuld laat bly het nie maar elkeen nougeset nagekom het. Ek loof U vir u liefde en trou in my lewe. Amen Nina Smit : Sprankel vir ‘n vrou se gees Dierbre Jesus…

Christelike Boodskappies: Christus-gesind Afrikaans, Afrikaans Language

Christus-gesind

Christus-gesind Kom na my toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. - JESUS (Matt. 11:28) Ek weet hoe gejáágd julle lewens is, veral nóú gedurende die voorbereidings vir My verjaardag op Kersdag. Ek sién hoe julle julle moet haas om álles gedoen te kry, en Ek wéét en verstáán dat julle soms bekommerd voel dat julle nie gaan regkry om alles suksesvol af te handel nie. Maar dit is nie régtig nodig om só groot te gaan nie. Ek sal gelukkig wees as julle alles net eenvóúdig…