Dagstukkies Afrikaans

Collection by Koningsdogters Vir Jesus Bediening

83 
Pins
 • 
174 
Followers
Koningsdogters Vir Jesus Bediening
Christelike Boodskappies: TROOS
Prayer VersesBible Emergency Numbers

TROOS

TROOS Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos. - Jes. 66:13 (1953 Vertaling) In elkeen van ons behoeftes kan ons séker daarvan wees dat ons Heer van Liefde áltyd met ons is, áltyd besig om ons te troos, op te hef en te versterk, selfs in die mees uitdagendste omstandighede en al is ons nie eens bewus daarvan nie. Die behoefte daaraan om vertroos te word, die duur en die diepte daarvan, verskil tussen elkeen van ons. Om van ‘n geliefde geskei te word, of dit deur…

Christelike Boodskappies: Onthou:  Ek is by julle al die dae.  -  Matt. 28:2...
Inspirational Bible QuotesGiving QuotesAfrikaanse Quotes

Onthou: Ek is by julle al die dae. - Matt. 28:20

Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook

Christelike Boodskappies: Leun op My
Me QuotesAfrikaanse QuotesLean On MePrayer VersesTo My Daughter

Leun op My

LEUN OP MY Kom na My toe ... Ek sal julle rus gee. - Matt. 11:28 Die boodskap wat Ek vandag vir julle wil gee – wat julle in jul hart moet ínbrand en as stok en staf moet gebruik dwarsdeur hierdie nuwe dag en élke dag van jul lewe, is, *Leun op My*, want as julle *dit* doen, sal My krág julle dra, My líéfde julle vertroos en My líg julle lei, elke oomblik van *elke* dag! En as julle op My leun, as julle My liefde ook die liefde in julle hart maak, is Ek in staat om andere só *deur* julle te…

Christelike Boodskappies: DIE  SABBATDAG 26 Maart 2016
Whatsoever Things Are LovelyHe Is LordEaster WishesKing James BibleHeart And Mind

DIE SABBATDAG 26 Maart 2016

DIE SABBATDAG Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. (Jesus) - Lukas 23:43 Dóódstil was dit dáárdie Sáterdag in Jerusalem ... Tróósteloos het die volgelinge van Jesus tuis gebly. Sy dissipels het met gebróke harte êrens geskuil – hulle was báng! Maar wáár was Jesus dan? Waarom het Hý hulle nie kom troos nie?? Die Bybel sê vir ons waar Hy was: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!” het Hy vir die man langs Hom gesê. Dis wáár Jesus was tot die derde dag. Miskien ‘n…

Christelike Boodskappies: Troos
Gemma WardWoman FacePretty PeoplePortraitsInteresting Faces

Troos

TROOS En mag ons Here Jesus Christus self ... julle harte vertroos. - 2 Thess. 2:16, 17 (OV) Soms gebeur dit dat ons voor uitdagings te staan kom – álléén. Niemand kan ons regtig help nie – nie ons fámilie OF vríénde kan vir ons die antwoorde gee waarna ons soek nie – miskien weet hulle nie éérs van ons stukkende hart of bang gemoed nie. Ons staan alleen met ons probleem. Hóé wonderlik is dit dán om te weet dat daar ÉÉN Persoon is wat ons kan bystaan en gereed staan met ope arms om ons te…

Christelike Boodskappies: Genade en Liefde
Afrikaans QuotesGood Night Text Messages

Genade en Liefde

GENADE EN LIEFDE Ek het die Heer altyd voor oë ... Daarom is my hart bly en my tong jubel. - Hand. 2:25,26 Ek lewe en beweeg élke dag in die genade en liefde van God – ek síén dit en ek vóél dit en ek sê dánkie vir die wonder daarvan! In die sagte oë van almal wat vir my na aan die hart is síén ek dit. In die kos wat ek eet en in my huis wat ‘n hawe van rus en vrede is, erváár ek dit. In die líéfde en blydskap wat my siel laat sing, vóél ek dit. En hóé diep word hierdie liefde nie, hoe gróót…

Christelike Boodskappies: TROOS
Afrikaans

TROOS

TROOS Hy verkwik my siel. - Psalm 23:3 Niémand kan tussen my en my Heer en Sy grote liefde kom staan nie. Daar mag baie dinge in die lewe wees wat ek nie so mooi verstaan nie, maar één ding verstaan ek baie goed, en dit is dat ek áltyd omvou word in die liefde van Christus, dat Hy altyd daar is om my te léí en te vertróós. As één deur in my lewe toegaan, gaan ‘n ander een oop waardeur nuwe lig en vrede my hart en lewe binne-vloei. Ek onthou die woorde van Jesus, en rus in die vrede wat dit…

Christelike Boodskappies: !!! KOM  ONS  PLAAS  WEER SUID AFRIKA  IN VADER GO...

!!! KOM ONS PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD SE HANDE !!!

!!! KOM ONS PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD SE HANDE !!! Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof. - Jes. 60:18 Ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: “Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. - Openb. 21:3 Géén dors of honger sal ons kwel nie, géén son se hitte ons…

Christelike Boodskappies: GOEIE VRYDAG 25 Maart 2016

GOEIE VRYDAG 25 Maart 2016

GOEIE VRYDAG Vader, in U hande gee ek my gees. - Lukas 23:46 Goeie Vrydag – ‘n swart Vrydag wat ‘n goeie Vrydag geword het. Die dag van alle dae soos daar nog nooit in die bestaan van die wêreld was nie. ‘n Dag wat nog steeds eerbiedig word deur Christene dwarsdeur die wêreld – die eerste dag van drie dae wat die einde van ‘n era en die begin van ‘n nuwe era was. Die dag toe God sy eniggebore Seun, Jesus Christus, gegee het om te sterf, sodat ons, die hele mensdom, deur Sý bloed van óns…

Christelike Boodskappies: Gebed - Nina Smit - Hoe ouer ek word

Gebed - Nina Smit - Hoe ouer ek word

Here Jesus, Hoe ouer ek word, hoe vinniger vlieg die tyd verby. Hoe duideliker besef ek hóé verganklik ek is en hoe meer hinder dit my dat ek dalk nie altyd Ú doel vir my lewe nagestreef óf die dinge gedoen het waarvoor U my spesiaal gemaak het nie. Ek weet dat U ‘n besóndere taak aan my opgedra het en dat die tyd wat ek nog oorhet kosbaar is en optimaal benut behoort te word. Ek wil dit van nou af graag aan die goeie dade wy waarvoor U my bestem het. Baie dankie vir gawes en talente wat ek…

Christelike Boodskappies: Gebed - Nina Smit - Toekomsblik

Gebed - Nina Smit - Toekomsblik

Hemelse Vader, U weet dat ek baie wonder, en soms bang is oor wat die toekoms vir my mag inhou. Soms wens ek dat ek net so ‘n vinnige kykie in die toekoms kan kry. Soms kan ek nie help om my te bekommer oor wat vir my mag voorlê nie. Vergewe my asseblief vir hierdie mosie van wantroue in U, want ek weet mos reeds dat my toekoms séker is by U. Al weet ek dalk nie vandag presies wat met my sal gebeur nie weet ek wel dat U vir my in die toekoms sal onderneem: dat U vir my ‘n nuwe toekoms…

Christelike Boodskappies: Christus in jou

Christus in jou

CHRISTUS IN JOU Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en ... jy moet jou naaste liefhê soos jouself. - Mark. 12:30. 31 Aan jou wat ek wil seën, aan jou vir wie ek wil bid, aan jou wat ek wil help, sê ek in stilte: “Ek sien die Christus in jou – Christus wat vertrou kan word om jou te lei op die weg wat reg is vir jou – sy weg van lig. Ek sien sy Gees in jou, wat jou aanspoor en help, wat jou bystaan en krag gee wanneer nodig, wat jou toevou en beskerm in sy…

Christelike Boodskappies: PYN  IS  NIE  STRAF  NIE
AfrikaansReligionGodMovie PostersDios

PYN IS NIE STRAF NIE

PYN IS NIE STRAF NIE Dag ná dag dra GOD ons. Hy is ons hulp te alle tye. Genade trek ‘n streep deur die gedagte dat lyding die gevolg van sonde is. God is nie die oorsaak van ons lyding nie. Ook word ons nie gestraf deur pyn nie. Die wonderwerk van die blinde man wat genees is, het ‘n boodskap vir ons: Jesus kan deur en te midde van ons lyding verheerlik word. - Sarah Jane Wessels “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God…

Christelike Boodskappies: Waarom ek bid
AfrikaansNaturaleza

Waarom ek bid

WAAROM EK BID Dit is God wat in julle werk. - Filip. 2:13 (OV) Vandag bid ek, en soos die bome wat so kaal en dor in die winter staan, en tog, in die kern van hul stam met magtige werke besig is, al kan ons dit nie sien met ons menseoog nie, so is die werke van God ook in my en in almal wat saam bid. Ek bid, want ek gló in die krag van gebed wat die krag van God vrylaat. ‘n Krag so stil en sonder basuingeskal, maar tog sterk genoeg is om ‘n roering in die plante om ons te laat plaasvind ter…

Christelike Boodskappies: Waarom ek bid
AfrikaansNaturaleza

Waarom ek bid

WAAROM EK BID Dit is God wat in julle werk. - Filip. 2:13 (OV) Vandag bid ek, en soos die bome wat so kaal en dor in die winter staan, en tog, in die kern van hul stam met magtige werke besig is, al kan ons dit nie sien met ons menseoog nie, so is die werke van God ook in my en in almal wat saam bid. Ek bid, want ek gló in die krag van gebed wat die krag van God vrylaat. ‘n Krag so stil en sonder basuingeskal, maar tog sterk genoeg is om ‘n roering in die plante om ons te laat plaasvind ter…