Afrikaans Tieners Seuns en Jeug

Collection by Koningsdogters Vir Jesus Bediening

9 
Pins
 • 
166 
Followers
Koningsdogters Vir Jesus Bediening
Christelike Boodskappies: Jy is kosbaar vir God
AfrikaansChristian InspirationGodDios

Jy is kosbaar vir God

Jy is kosbaar vir God! Miskien voel jy asof jy alleen is in die wêreld, … asof niemand vir jou omgee nie, … asof niemand jou verstaan nie … Miskien voel jy eensaam of bedruk, … asof die lewe en sy probleme eenvoudig net te veel geraak het en jy nie meer kans sien om so aan te gaan nie! Weet dit, my vriend: God sien jou raak … God gee om vir jou … Hy wil hê dat dit met jou goed sal gaan. Jy is kosbaar vir God! Jesus nooi jou uit: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal…

Jesus se Seunskind: GOD se woorde is soos EGTE SILWER
Afrikaans QuotesGodDios

GOD se woorde is soos EGTE SILWER

GOD se woorde is soos EGTE SILWER Daar is niks vals in wat die Here sê nie. Sy woorde is soos silwer ... (Psalm 12:7) Ons moet probeer om te doen, wat ons belowe het ons sal doen. Somtyds val daar dinge voor sodat dit vir ons moeilik is om beloftes uit te voer. Maar ons moet regtig probeer om nie vals woorde te praat nie. Daar is IEMAND se woorde wat nóóit vals is nie: die Here s’n. Wat Hy sê, is waar. Hy kan nie jok nie. Hy kan nét die waarheid praat. Hy kan nie vir ons met sy woorde om die…

Christelike Boodskappies: Om reg te kies

Om reg te kies

Om reg te kies Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. - Spreuke 9:10 Vandag se teksvers (Spreuke 9:10) sê ‘n mens ken goed en kwaad deur God te ken. As jy vir God ken, ken jy die Een wat altyd reg is. As ‘n opinie of ‘n optrede ooreenstem met God se Woord, is dit reg; anders is dit verkeerd. Maar as jy die Here nié ken nie, is dit onmoontlik om te weet waarvan Hy hou en nie hou nie. As jy Hom net ken deur wat ander sê en skryf, bly jou kennis van reg…

Jesus se Seunskind: HERE ek gee my oor aan die Gees se beheer
AfrikaansFaith Quotes

HERE ek gee my oor aan die Gees se beheer

Wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer ... en daarom kan julle nie doen wat hulle graag wil nie. - Galasiërs 5:17 Here, Ek gee my oor aan die Gees se beheer. Help my om U te vertrou wanneer ek moet kies tussen reg en verkeerd . Dankie vir die wysheid en krag om reg op te tree.

Christelike Boodskappies: “Jy is te jonk om deur God gebruik te word”  vs  G...
Shoe ArtChanelAfrikaansTumblrSport

“Jy is te jonk om deur God gebruik te word” vs God *GEBRUIK* jongmense!

“Jy is te jonk om deur God gebruik te word” vs God *GEBRUIK* jongmense! Ons het so gewoond geraak dat dit gewoonlik die dominees, of pastore en baie ander ouer mense is wat al die werk vir die Here doen. Jongmense (dalk dink jy ook so?) moet eers bietjie ouer word voordat die Here hulle kan gebruik ... In ‘n onlangse nuusblad van die Kinderevangeliste-Opleidingsinstituut word die WARE verhaal vertel van ‘n seuntjie in Graad 2 wat aan nege straatkinders die boodskap van hoop en verlossing…

Jesus se Seunskind: Voorbladnuus

Voorbladnuus

Voorbladnuus Verbeel jou jy tel môreoggend die koerant op en sien die volgende opskrifte: · Misdaadsyfer val skerp · Dwelmslaaf vind R5 000 in drom – oorhandig dit aan polisie · Grootste bank in wêreld sluit nooit kluis! · Diefstal verdwyn oor lae pryse · Diefwering- en alarmstelsel-vervaardigers speel bankrot · Metaalverklikkers op lughawens onnodig, sê sekuriteitshoof. Dit sou wonderlik gewees het, nê? Die lewe sou baie anders gewees het as almal skielik eerlik was. Jy sou nie deur…

Christelike Boodskappies: Jy's nooit alleen nie!

Jy's nooit alleen nie!

Jy’s nooit alleen nie! Lees Psalm 18:29-32, 47-49 Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my gered het (Psalm 18:47) “Ek wil nie meer lewe nie.” Neil kan sien dis *regtig* só. Bernard lyk gedaan. “Ek voel so moedeloos,” sê hy. “Ek beny julle ouens wat die nuwe jaar so vrolik tegemoet gaan. Gisternag toe almal klappers skiet en toeters blaas oor die nuwe jaar, het ek net vir myself gesê: ‘So what?’ Wat is die kans tog dat die nuwe jaar vir my iets goeds sal inhou? “Kyk…

Jesus se Seunskind: Ek móét dit hê!
Mens FashionGuy FashionFashion MenswearMerlinStylish Men

Ek móét dit hê!

Ek móét dit hê! Pepsi het in Amerika dié gepaste leuse” “Gotta have it!” Dit geld vir baie ander dinge. Het jy al oor ‘n ou se pet of tekkies of blink fiets gevoel: “Ek *móét* dit net hê!”? Dis waarvan die Here praat wanneer Hy sê ons mag nie begeer nie. Maar die tiende gebod verklap ook iets belangriks oor die Here: Hy heg baie waarde aan tevredenheid. Hy self begeer nie. Hy het alles wat Hy soek, want Hy *ís* ALLES wat Hy soek. Hy wil hê ons moet tevrede wees met wat Hy vir ons gee…

Jesus se Seunskind: Selfbeheersing is moeilik!

Selfbeheersing is moeilik!

Selfbeheersing is moeilik! Ons almal doen dit, soms sonder dat ons dit besef. Ons *flirt* met die teenoorgesteld geslag. Maar ons is nie meer van die wêreld nie, dus moet ons selfbeheersing toepas in dit wat ons sê ook. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe. Titus 2:12 Vicki Fourie : God lief my Jesus se Seunskind / Facebook