SUURLEMOEN-MINT EN ROOIBOS YSTEE
As jy voel dat die hel se deure oop is op 'n warm somers dag dan is hierdie dorsles ystee net die ding om daar deure weer mooi toe te maak! Ek maak sommer dubbel die stroop en vries die helfte en die ander bly in die yskas en gebruik dan soos nodig. RESEP 4 k Vars ment blare - grof gekap 4 k Suurlemoensap 2 k Sterk rooibostee 4 k Suiker ½ k Gemmer wortel - fyn gekap Sodawater om glase vol te maak METODE 1. Plaas die mint, suurlemoensap, rooibos tee, suiker en gemmer in groot kastrol en kook…
LEMOEN EN VINKEL SOUT
Ek het hierdie ongelooflike wonderlike vriendin, genaamd Maritha Lotz. Ek sê altyd vir haar: “I love you Lotz!”. Sy is Ma van 4 en ouma van vele! Haar twee hande kan toor. Sy laat my aan die Spreuke vrou dink met al haar deugdes! Eendag kom Maritha by my aan met drie botteltjies sout wat sy self gemaak het. Hierdie spesefieke sout het my totaal en al oor rompel met sy komplekse geure. Ek gebruik hierdie sout saam met vark vleis van boud tot tjoppies, vis en hoender! Heerlik as sprinkel sout…
Kortrib met Tuisgemaakte Braai sout
Hierdie braai sout het vele gebruike en kortrib se grootste maat. Ek gebruik die sout resep ook in my wors en droëwors resepte. Loer gerus op die blog vir die resepte. Die sout maak ’n eie sousie en die geure is heerlik. Hierdie sout is ook 'n wonderlike Vadersdag of Manne geskenk! 1 kg kortrib skywe 250 mℓ (1 k) Woestersous sout 125 mℓ (½ k) Medium growwe sout 125 mℓ (½ k) Sagte bruinsuiker (treacle sugar) 125 mℓ (½ k) Koljander saad ½ t fyn naeltjies ½ t fyn gemmer ½ t fyn chillie poeier 2…
Macaroni en Kaas (Slowcooker)
Daar is wonderlike items vir jou spyskaart om te maak met die hutspot. En een daarvan is Mac ‘n Cheese soos die Amerikaners dit sal noem. Ek is skuldig en maak male sonder tal hierdie dis weens praktiese implikasies as die Filistyne lang ure na skool by buitemuurs betrokke is. Voordat ek ry in die middae pak ek die hutspot en as ons tuis kom is die kos letterlik op die tafel. Hoop julle vind hierdie dis nuttig en prakties soos die Pienaars doen. Variasie: gaar maalvleis word onder in die…
LAVENTEL EN SUURLEMOEN SOUT
Wanneer jy jou laventel bosse snoei, moenie die takkies weg gooi nie. Dit kan verwerk word in kos soute, badsout en vele meer! Lamsvleis kom tot sy reg met hierdie sout. RESEP 2 k Seesout vlokkies 24 Laventel takkies met blommetjies aan 5 t Tiemie - droog 1 e Swartpeper korrels 4 Suurlemoene - skil gedroog 1 k Pistasio of pekan neute of dennepitte of grondbone - fyn gekap METODE SUURLEMOEN 1. Skil ‘n suurlemoen dun af sonder dat daar enige van die wit wys op die skil. Ek laat my suurlemoen…
SOET GROENTE SPESERYE
Hettie Botha was so gaaf om haar pampoen speserye mengsel se reseppie te deel. Terwyl ek so sit en tik besef ek soos die lysie opdoem dat dit mos vir baie meer resepte gebruik kan word. Hettie se opmerking oor waar die reseppie vandaan kom.“ Ek het dit handgeskrewe gekry in ‘n ou resepteboek”. Ek dink dit is kosbaar! Die speserye word gebuik om oor soet groente te gooi soos, patats, pampoen en ek dink wortels sal ook heerlik wees. Beetslaai, blatjang ens. Dan kan dit gebruik word vir…
Sop en Bredie Kruiesout
Daar is niks wat kom by die geur van sop, maar om daardie sop ekstra spesiaal te maak gebruik ek hierdie kruie en speserye kombinasie. Dink aan 'n stukkie braaivleis wat ingevryf is met hierdie sout en ekstra olyfolie of 'n bredie met so 'n skeutjie by? Hierdie mengsel maak ook ’n pragtige geskenk vir kuiergaste! 100 mℓ Selderysout 50 mℓ Neutmuskaat 50 mℓ Rissie poeier 50 mℓ Knoffelpoeier 200 mℓ Gedroogde Origanum 50 mℓ Uie poeier 100 mℓ Sagte bruinsuiker 50 mℓ Vars gemaalde swartpeper Meng…
TAAI VLEIS! WAT NOU?
Hierdie is 'n Blog oor Boerekos met 'n Twist.
TUIS GEMAAKTE EN GEGEURDE BOTTER
Wat is nou nie lekkerder as om ‘n vriendin by wie jy gaan kuier met ietsie in die hand te bederf nie? Dink net jy neem ‘n tuisgebakte broodjie met konfyt en gegeurde botter in ‘n mooi pakkie toegedraai! Kom ons maak eers ons eie botter van room. Dan verwerk ons hierdie heerlike botter in iets wat gegeur word om in vulsels vir vleis stop te gebruik. Of heerlike botter wieletjies met suurlemoen vir daardie vars vissie op die kole of sommer net vir ‘n vars gebakte broodjie. TUISGEMAAKTE BOTTER…
BOS EN BERG SANGRIA
Hierdie is een van my gunsteling dorsles drankies wat ek geniet saam met sonsondergang op die plaasdam se wal. RESEP 3 Rooi Pink Lady appels 1 blikkie Gemengde vrugte kelkie 1 Rooiwyn of wit wyn van keuse 4 k Appel cider 1 Lemoen se sap uitgedruk Kaneel stokkie of fyn kaneel na smaak 1 Toontjie gemmer wortel in ringe gesny 1 Naeltjie ½ k Wit suiker METODE 1. Skil die appel en verwyder die klokhuis. Sny die appel klein op in blokkies. 2. Hou die cider eers vir die volgende dag in die yskas…