Daily Devotional Books / Dagstukkie Boeke
Collection by Secunda Christian Book- and Gift Shop, Faith4U
DIE STILTETYDBYBEL VIR VROUE bevat 365 dagstukke wat bestaan uit 'n gedeelte uit die Nuwe Testament. Hierdie dagboek gesels nie oor koeitjies & kalfies nie, maar laat die lig val op die betrokke teksgedeelte & hoe dit vir die vrou van vandag meer kan beteken as net Bybellees: Dit is 'n ontmoeting met die ware God van Israel, die Heilige. Met die Bybel is stiltetyd 'n plesier. NLV Bybel @ R200-00.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
Waag dit! om lief te hê het met sy groot sukses bewys dat dit baie meer is as net 'n boek. Dit is 'n hele liefdes-beweging wat huwelike & verhoudings volkome nuut kan maak. Die boek daag paartjies uit om in geloof nuwe stappe in hul verhouding te neem met 365 huweliksaanmoe-digings, herinnerings & aksiestappe wat jaar na jaar herhaal kan word. R140.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
In Openbaring 2: 17 (Die Multivertaling Bybel) staan: "Aan elkeen wat die oorwinning behaal sal Ek 'n wit klippie gee met 'n nuwe naam op die klippie gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry." En elke meisie wil haar naam op so klippie hê. WITKLIPPIEJAAR is 'n opwindende dagboek wat meisies nader aan die Here sal bring & sal verseker van God se onvoorwaardelike liefde. Maretha Maartens @ R130.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
U goedheid & liefde sal my lewe lank by my bly." (Psalm 23: 6) Wat 'n wonderlike versekering om te weet dat God se nimmereindigende goedheid 'n mens altyd op jou lewensreis vergesel. IN DIE SONSKYN VAN GOD SE GOEDHEID is 'n samestelling van 366 dagstukke deur gewilde outeur Nina Smit in grootdruk-formaat. Nina Smit @ R130.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
Nina Smit maak lesers bewus van hoe belangrik hul lewensreis se eindpunt is - want as 'n mens uiteindelik nie by die regte bestemming uitkom nie, is jou hele reis eintlik tevergeefs. Sonder God is 'n mens se reis van meet af aan 'n mislukking. Nina verseker lesers in 366 oordenkings dat God reeds die pad ken wat hulle moet stap. Hy is 'n skuilplek wanneer dit moeilik gaan & deur sy genade kan iemand die krag kry om elke dag se struikelblokke te oorkom. Nina Smit @ R130.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
Geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self & ander nie perfek is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Dis vir diegene wat al gestoei het met die lewe, seerkry ken & ernstig deur mense & die lewe teleurgestel is, maar wat gekies het om in die liefde te blý glo. Dis vir hulle wat probeer om elke nuwe oggend weer saam met die Lig te leef. In LAAT SY LIEFDE JOU LEI nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar op die pad van die liefde te stap in 365 oordenkings. Milanie Vosloo @ R120.
CUM Books | Christian Books, music, eBooks, movies, DVDs and gifts
In SY LIG VIR MY LEWENSPAD verryk die gewilde Solly Ozrovech gelowiges in hulle wandel met God. Die 366 dagstukke bied elk 'n kernvers, aanhaling & gebed & sal lesers lei om saam met God op 'n vrugtevolle lewenspad te stap. Lesers sal ontdek dat as God saam op hul lewenspad is, hulle vertroue sal kry, hartseer kan verwerk, vrede ontdek, vrugte van geloof openbaar, 'n toekomsverwagting hê & groei in die geloof. Solly Ozrovech @ R130.