Konfytblokkies. Foto: Kos is oppie tafel se Facebookblad. Bestanddele: 125 g sagte botter 3/4 koppie suiker 2 eiers 3 koppies meel 4 teelepels bakpoeier 1/3 teelepel sout 2 teelepels vanieljegeursel 1 blik appelkooskonfyt Metode: Verhit jou oond tot 180 ºC. Meng botter en suiker saam. Voeg eiers en vanieljegeursel by. Meng die meel en bakpoeier en sout in 'n aparte bak. Voeg die eiermengsel om die beurt by die meelmengsel en meng goed saam. Bêre 1/3 van die deeg in die yskas om af te koel...