Maak vinnige geregte vir aande wanneer jy laat by die huis kom en ete vinnige op die tafel moet verskyn. Hierdie resep maak 6 porsies. Bestanddele 3 middelgroot botterskorsies groot klont botter 1 ui, gekap 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny 2 ml knoffelsout knypie neutmuskaat 30 ml (2 e) koekmeel 90 ml (6 e) volroommelk sout en peper na smaak 1 bos spinasie, ontstingel en gekerf 500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper Wenk Skep meer botterskorsie uit om die vulselgaatjie groter te maak...