God spesialiseer in deurbrake! Maak nie saak hoe hulpeloos jy dink jou situasie is en hoe lank jy al sukkel nie. Hy kan dit nog steeds omkeer in 'n wonderwerk en jou 'n uitkoms gee wat alle verwagting en hoop oortref. Sy tyd is egter nie ons tyd nie - hou aan bid, glo en vertrou.

'n Harde hart eer nie die Here nie. Sy wil is vir ons om te waak oor wat ons harte en gedagtes aangaan, juis sodat on nie verbitterd, hartseer of kwaad deur die lewe moet gaan nie. Ons kan nie Jesus se liefde aan ander skyn met 'n hart van klip nie.

'n Nuwe begin, begin aanvanklik eers met verlies. Onthou wanneer die Here jou seën met 'n nuwe seisoen, moet daar eers 'n einde wees aan die huidige ene. Dit is gewoonlik wanneer ons aan geslote deure klop. Soms is dit moeilik en ander kere is die oorgang maklik, maar is altyd die moeite werd.

Die Here sê vandag vir jou : Alles gáán uitwerk, want Ek is in totale beheer. Ek weet wat die dokter sê; Ek weet wat jou finansiële situasie is; Ek sien wie in opstand teen jou kom; Ek weet hoe groot jou drome is. Maar hoor My mooi... Ek is vir jou en nie teen jou nie en Ek sal jou nooit te na kom nie.

Moenie vandag moed verloor nie! Elke koringaar dra omtrent 20 nuwe sade. Dit moes egter eers deur 'n proses gaan as een verlore saadjie; wat geplant word in 'n donker gat, moeilike weersomstandighede moet deursien en wat deur genade alleen nie deur die voëls uitgekrap en opgepik word nie. Die vrug van elke saadjie se gehardheid en deursettingsvermoë het daartoe gelei dat die boer 'n hele koringland kon oes. Byt net vas!

Jou roeping is nie om te oordeel nie. Jou roeping is nie om uit te vind wie enige iets verdien of nodig het nie. Jou roeping & werk is om die gevallenes op te help; die gebrokenes te help herstel en die gewondes te help genees.

Jou roeping is nie om te oordeel nie. Jou roeping is nie om uit te vind wie enige iets verdien of nodig het nie. Jou roeping & werk is om die gevallenes op te help;

God se plan vir jou lewe is nie net groter as wat jy dink nie. Dis perfek. Dit gaan uitspeel op die regte plek, op die regte tyd saam die regte mense. Moenie moed verloor nie. God sal jou lankmoedige wag eer en dit gaan die moeite werd wees.

God se plan vir jou lewe is nie net groter as wat jy dink nie.

Jy moet op 'n punt kom waar jy moet besef dat jou situasie nie verewig dieselfde sal bly nie; dat jou hart weer sal heel word en dat jy sal ophou sukkel. Die waarheid is, dat jy net deur 'n seisoen gaan wat'n verval datum het. Jy sal daar deur groei en verander. Die lewe sal aangaan en jy sal oorleef.

Lank voor Saggeus gesukkel het om vir Jesus te sien, was die boom alreeds geplant om aan sy behoefte te voldoen. God voorsien nog steeds vooruit... Ons moet net wag op Sy perfekte tydsberekening, want tyd is relatief.

Die Here se padkaart vir ons lewens is soms onvoorspelbaar. Dit is egter altyd betroubaar. Maak Jesus jou rigtingwyser en jy sal nooit verdwaal nie.

Stuur my na waar ek 'n verskil kan maak, Here! Gebruik my talente om U naam groot te maak, sodat ander kan sien U is lewend en behep met die kleiner details van ons lewens. Min mense glo dit...

Stuur my na waar ek 'n verskil kan maak, Here! Gebruik my talente om U naam groot te maak, sodat ander kan sien U is lewend en behep met die kleiner details van ons lewens.

As mens se kind baie slim, baie mooi en baie talentvol is, het jy niks om op trots te wees nie. Jy kan net dankbaar wees, want uit genade het die Here jou met daardie kind geseën. Maar, as jou kind 'n goed gemanierde en fyn gebalanseerde mensie is wat respek het vir ander mense en weet wie Jesus is dan is dit 'n aanduiding hoe goed jy in ouerkap geslaag het. Hulle word net aan ons geleen... Jy maak jou kind vir die Here en Sy Koninkryk groot.

Die opdrag van die Here is : Wees stil en weet, erken & verstaan dat Hy God is. Níé, gaan soek, jaag na of twyfel nie. Sodra jy te besig word en 'n stemmetjie laat jou twyfel, kan jy maar weet dis nie van Hom af nie.

Soms wanneer ons bid voel dit of daar niks in die natuurlike wêreld gebeur nie want ons sien nie ons situasies verander nie. Dis egter nie die geval in die geestes wêreld nie. Ons gebede is vir die Hemelse Vader soos wierook. Dit word in goue bakke opgevang in die troonkamer en wanneer die tyd reg is, giet die Engele dit weer uit oor die aarde. Hou aanbid. Opregte gebede word omgekeer in seën en is aanneemlik vir die Here.

Pinterest
Search