Dit is nie God se wil vir ons om seer te kry nie, maar menigmale gebruik Hy daardie winterseisoene om ons nader aan Hom te bring. Dit is die genade van seerkry ...

Dit is nie God se wil vir ons om seer te kry nie, maar menigmale gebruik Hy daardie winterseisoene om ons nader aan Hom te bring. Dit is die genade van seerkry .

Ons gebede het nie 'n vervaldatum nie en daarom weet ons nie wanneer God dit gaan beantwoord nie. So ons het geen rede om op te hou bid nie. Daar is soveel bonatuurlike krag in gebed opgesluit dat selfs die Heilige Gees vir ons in met onuitgesproke kreuninge intree.

Wanneer ons bid, "laat U wil geskied" beteken dit ons vertrou die Here volkome op die uitkoms van ons situasie

Here, help my asseblief onthou ... Al is U somtyds stil, is U nooit afwesig nie. Ek vergeet so maklik dat U namens my dinge bewerkstellig, want omdat ek niks sien nie speel my gedagtes in op my emosies. Ek besef vrees & angs kom nie van U af nie. Nooit - ooit - nie.

Ons weet nie altyd wat die pad voorentoe vir ons inhou nie. Met elke kronkel en draai; stof of teer pad, Jesus sal ons nooit verlaat nie. Ons weet vir seker, ons stap nie ons lewenspad alleen nie.

stof of teer pad, Jesus sal ons nooit verlaat nie.

Ons is gevanges van ons eie gedagtes en woorde. Begin vandag lewe spreek oor jou situasie en vra die Here om jou gedagtes te hernu. Begin in dankbaarheid die mooi in jou lewe raak sien.

Toon respek teenoor alle mense. Selfs hulle wat minagtend teenoor jou optree. Jy doen dit nie as 'n weerkaatsing van hulle karakter nie, maar van joune... Die Here verwag van ons om vir ons naaste lief te wees soos onsself en het daarom nie die luuksheid om te besluit wie verdien ons goedheid nie. Ons is ambassadeurs vir Jesus.

Ons het nie aldag 'n keuse watter pad ons moet stap nie. Die toestand & rigting van die pad is nie aldag in ons hande nie, want die lewe kan soms snaakse draaie met mens loop. Jy kan wel kies of jy die pad saam Jesus wil aanpak, so besluit of  jy Hom gaan nooi én vertrou om jou 'n uitweg te gee.

Ek vergewe mense nie omdat dit wat hulle gedoen het, my nie seer gemaak het nie. Ek vergewe hulle sodat ek kan aan beweeg met my lewe. Ek wil nie 'n gevangene bly van haat, bitterheid, onvergifnis en seer nie.

Absoluut niks is vir die Here onmoontlik nie. Hy kan 5 000 mense voed met 'n paar visse en brode. Hy kan water in wyn verander. Hy kan iemand uit die dood wek wat al 'n paar dae dood is... So hoekom dink jy, jou situasie is hopeloos? Gee dit vir die Here en hou net aan bid en glo in vertroue Hy gaan 'n uitweg gee.

Vandag is ek dankbaar dat ek nie altyd kry waarvoor ek vra nie. Die Here het my geseën met baie meer met wat ek nie eers geweet ek, ek nodig het nie. Hy weet verseker altyd beter en Sy tyd is perfek.

Ek het eers my roeping en doel in die lewe besef, die dag wat ek my lewe voor die Here neergelê nie. My lewe is nie my eie nie, ek is geskape om gebruik te word deur Hom wat vir my 'n lewe vol hoop bestem.

Absoluut niks gebeur per toeval nie. Jy is besig om voorberei te word vir groter dinge. Al kan jy nie nou die groter prentjie sien nie, kan jy rustig wees in die wete, alles werk uit soos dit moet.

Afrikaans, Personal Development, Anchor, Scripture Verses, Scriptures, Kos, Christianity, Ministry, Storms

Al kla ek soms oor die dinge wat ek kort kom, wil ek nie ondankbaar klink nie. Jesus vandag wil ek hardop bely dat ek oneindig baie genade in my lewe ervaar en meer het as baie ander daar buite. Wat ek wél het is baie meer as dit wat ek nie het nie. Dankie daarvoor!

Elke dag is 'n nuwe begin. Staan op met 'n dankbare hart, want dit is 'n kans om weer van vooraf 'n verskil te maak en jou verhouding met Jesus te verbeter.

Pinterest
Search