Quotes

17 Pins
·
7y
Niks in hierdie lewe kan gebeur sonder die Vader se toestemming nie. Hy sal nie moeilike tye toelaat as daar nie 'n goddelike rede daarvoor is nie. Anker dus jou vrede in Hom en wag op jou uitkoms met die wete dat Hy weet wat Hy doen en jy is nie alleen nie.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
Al gaan dit hoe swaar en ek nie my hartsbegeertes kry nie, glo ek nog steeds in genade onbeskryflik groot; dat daar krag is in die naam en bloed van Christus; ek nie alleen is nie en dat Jesus my hoor en met my praat; ek die enige ware lewende God se kosbare skepsel is vir wie Hy Sy seun gestuur het om vir my te sterf. Ek is geseënd en word beskerm deur die Allerhoogste. Nou en vir altyd.....Tot in ewigheid.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
God sonder mens, is steeds God. Maar mens sonder God is NIKS
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
Al gaan dit hoe swaar en ek nie my hartsbegeertes kry nie, glo ek nog steeds in genade onbeskryflik groot; dat daar krag is in die naam en bloed van Christus; ek nie alleen is nie en dat Jesus my hoor en met my praat; ek die enige ware lewende God se kosbare skepsel is vir wie Hy Sy seun gestuur het om vir my te sterf. Ek is geseënd en word beskerm deur die Allerhoogste. Nou en vir altyd.....Tot in ewigheid.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
Mense sê soms hulle is bly die Here oordeel nie die uiterlike nie, maar wat in die hart angaan. Dit is meeste van die tyd 'n erger maatstaf. Hy sien wat niemand anders sien nie en toets wat in jou gedagtes en emosies aangaan. Daardie rou, rowwe jy wat nêrens kan wegkruip nie. Die mens wat tantrums gooi; wat in sy hart moord pleeg; wat oordeel; wat haat; wat vloek en skree wanneer geen mens in die omtrek is nie.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
Onthou daar is nie tweede kanse met kinders grootmaak nie. Ons woorde kan hulle óf opbou óf afbreek. Ons moet met hulle omgaan asof hulle die kosbaarste hulpbron vir die toekoms is, aangesien ons hulle grootmaak vir ander mense in die Koninkryk en nie vir onsself.
Die diepste vlak van aanbidding is om God te loof ten spyte van ons pyn; Hom te dank tydens ons verdrukking en op Hom te vertrou wanneer ons in die versoeking kom om hoop te verloor. Op my laagste is God my hoop; tydens my donker tye my lig; op my swakste is Hy my krag en op my hartseerste dae my vertrooster. Herhinner jouself daaraan dat God se karakter standvastig dieselfde bly en dit ons emosies is wat verander.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
As mens se kind baie slim, baie mooi en baie talentvol is, het jy niks om op trots te wees nie. Jy kan net dankbaar wees, want uit genade het die Here jou met daardie kind geseën. Maar, as jou kind 'n goed gemanierde en fyn gebalanseerde mensie is wat respek het vir ander mense en weet wie Jesus is dan is dit 'n aanduiding hoe goed jy in ouerkap geslaag het. Hulle word net aan ons geleen... Jy maak jou kind vir die Here en Sy Koninkryk groot.
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
"Die Here het vir Dawid net 'n klompie skape gegee om op te pas. 'n Baie eenvoudige werk. Maar omdat hy getrou was oor die bietjie skape, het die Here hom aangestel oor meer. Hy was uiteindelik die koning van Israel . Dit wat jy nou het mag dalk min, gering of eenvoudig lyk. Maar as jy getrou gaan wees oor dit wat jy het, sal die Here jou oor baie meer aanstel." (Johandre Potgieter)
Biblical Counseling Training & Theological Courses | MyFiladelfia
Daar is al op my verneuk Daar is vir my gejok Ek is al gelos vir iemand anders Ek is in die steek gelaat sonder verduideliking Daar is al oor my geskinder Ek is al beroof en tog probeer ek om liefde uit te deel asof ek nog nooit seer gemaak is nie. Dis hoe Jesus wil hê ons moet leef!